Cosmos News

Judo – vegkuns vir die harmonieuse siel

Die Japannese beskryf  judo as die ‘saggeaarde weg’ of die ‘beginsels van harmonie’.  Sê dít vir ‘n leek op dié gebied is en die reaksie sal iets soortgelyks aan die volgende wees  -  hoe kan iets as saggeaard bekou word wanneer mense mekaar in sekere grepe vasknel? 

Enige vegkuns van Asiatiese oorsprong is gewoonlik nie oppervlakkig nie, maar word aan heel besondere vereistes gemeet.   

Die oorsprong van die Japannese vegkuns is baie vaag.  Wat wel bekend is, is dat judo vanuit die vegkunsvorm Jiu-Jitso in 1882 in Japan ontstaan het en dat Jigoro Kano judo as ‘n vegkuns ontwikkel het.  Judo se mees opvallende aspek is die mededingende element, aangesien dit as sportsoort regoor die wêreld beoefen word.  

Die doel hiervan is om die teenstander op die grond vas te druk of te gooi en hom dan met ‘n reeks grepe uit aksie te stel. 

Harold de Beer van Standerton is baie bedrewe op dié gebied en het swartgordel-status. Hy beoefen judo vanaf 1990 en bied vanaf 1996 afrigting vir kinders sowel as volwassenes. 

Hy reken judo is baie meer as net ‘n vegkunsvorm en sê ‘n mens kan dit as ‘n leefstyl, wat baie dissipline verg, kan beskou.     “In judo is daar ook sekere reëls waarby alle deelnemers moet hou   -  as jy nie by die reëls hou nie, mag jy na regte nie toegelaat om dit verder te oefen nie,” sê hy. 

Judo is ook die enigste vegkunssport wat op Olimpiese vlak beoefen word.  Harold verduidelik verder dat ‘n judo-kompetisie op twee maniere afspeel:  eerstens, wanneer teenstanders fisies teen mekaar meeding en tweedens wanneer teenstanders hul ‘katas’ demonstreer. 

Katas is ‘n reeks vooruitsaamgestelde bewegings wat uitgevoer word en dan deur beoordelaars beoordeel word.  Die opponent met die hoogste telling wen dan die kata-afdeling van die kompetisie.

Judo word deur miljoene mense regoor die wêreld beoefen en dit kan jare neem om die kuns volkome te bemeester. 

 “Vir my is judo ‘n vorm van self-dissipline  -   ‘n mens kan nie hoop om dit te beoefen as jy nie respek vir ander mense het nie”,  reken Harold.

Skakel hom gerus op 082 040 8186 as u belangstel om jy die judoklub aan te sluit.  Daar word elke Dinsdag en Donderdag op die Kosmosnuus-perseel, op die hoek van Beyers Naudé- en Krugerstraat tussen 18:00 en 19:00 geoefen.  DK      

Views: 7

Add a Comment

You need to be a member of Standerton to add comments!

Join Standerton

© 2012   Created by Hannes Viljoen.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service