Twee plaaslike roeiers, Hendrik Dippenaar en Quintin Draper, neem vanjaar aan die Visrivier-kanovaart deel wat op 7 en 8 Oktober in die Oos-Kaap aangebied word.
Dié roeiers het nege maande se intensiewe voorbereiding agter die rug en is vól moed vir dié uitdaging wat in Cradock se omgewing plaasvind. Dit is die 30ste aanbieding van die Visrivier-roeimarathon en dit strek oor ‘n afstand van 84 km wat oor twee dae voltooi moet word.
Die eerste dag behels ‘n roei-afstand van 84 km, gevolg deur die tweede dag se 36 km.
Die heel eerste Hansa-Visrivier kanomarathon het in 1982 plaasgevind met 77 deelnemers. Teen 2000 was daar 1 564 roeiers en vandag ewenaar dit die Duzi-wedvaart in gewildheid.
Die feit dat die Visrivier-roeimarathon sentraal plaasvind, maak dit makliker vir deelnemers uit talle oorde om deel te neem, anders as die Duzi wat naby is vir sommige roeiers en baie ver vir ander is.
Die Visrivier se water word kunsmatig vir die wedvaart aangewakker omdat dit normaalweg ‘n stadigvloeiende rivier is en juis dít veroorsaak ‘n groot uitdaging.
Hendrik en Quintin beoog om volgende jaar aan die Duzi-kanovaart van Pietermaritzburg na Durban oor ‘n afstand van125 km oor drie dae deel te neem.
Skakel gerus vir Hendrik by 082 309 8776, of vir Quintin by 073 142 3443, vir meer inligting oor roei-aangeleenthede. KF
Hendrik Dippenaar en Quintin Draper het nege maande gelede hulself begin voorberei vir die uitmergelende Visrivier-kanovaart wat eersdaags in Cradock se wêreld plaasvind.
You need to be a member of Standerton to add comments!
Join Standerton